Welkom by die AP Akademie

Die APA ontwikkel leiers akademies in Afrikaans wat streef na ’n lewe van klassieke Christelike skoonheid, harmonie en wysheid saam met ander.

Meer oor Ons

Die Afrikaanse Protestantse Akademie, die APA, is ‘n privaat tersiêre instelling wat gestig is in die laat tagtigerjare as ‘n skool vir teologiese opleiding. Vandaar...

Graadprogramme

Ons bied ‘n BDiv-graad aan wat ‘n volledige graad in teologie is en alhoewel reformatories van aard is dit nie denominasie-gebonde nie. Ons bied ook...

Kontak Ons

Enigeen wat graag in Afrikaans wil studeer en vir wie die bemiddeling van die wêreld waarin ons leef met die Christelike geloof belangrik is, behoort...

Wie is die APA?

By die APA wil ons studente toerus om as Christene hulle weg te baan op so ’n wyse dat hulle vaardighede, planne en toegewyde bydraes kan help om anderkant bestaande dooie punte te dink en te doen. Die oogmerk is om hulle sodoende met vaste tred, ten spyte van die onsekerheid wat nog altyd die aard van ons wêreldse bestaan uitmaak, te laat toetree met skeppende denke en dade op die terreine waar hulle betrokke raak. Die APA streef baie bewustelik daarna om studente te begelei om vanuit ‘n groter aantal invalshoeke na die wêreld en sy probleme te kyk en uiteindelik kreatief en probleemoplossend hierdie uitdagings aan te pak.