Die FAH VAN STADEN BIBLIOTEEK is uitstekend toegerus met boeke, tydskrifte en ander publikasies vir Teologiese vakke, Sielkunde, Opvoedkunde en vir die volgende: Afrikaans, Bybelkunde, Duits, Frans, Engels, Filosofie, Geskiedenis, Grieks, Hebreeus, Aramees, Latyn, Opvoedkunde, Sielkunde, Sosiologie, Kriminologie, Maatskaplike werk, Volkekunde en publikasies oor Ekonomie, Publieke Administrasie, Staatsleer, Politieke wetenskappe, Landbou en vele meer.
Studente het ook toegang tot ander Suid-Afrikaanse Universiteite se aanlyn biblioteke en Internasionale Biblioteke asook ‘n reeks elektroniese bronne en navorsing.