Deur Suné Bester: Kurrikulum- en kwaliteitsbeampte (Die AP Akademie)

Bronne is ‘n belangrike deel van akademiese werk. Dit is dan vanselfsprekend dat studente en navorsers by tersiêre instellings gereeld van akademiese bronne gebruik sal maak in hulle studies. Die gebruik van akademiese bronne plaas jou werk in konteks, demonstreer die diepte van jou navorsing en gee ook erkenning aan ander mense se werk. Dit help jou onder andere ook om plagiaat te vermy, jou begrip van die onderwerp te wys, gee jou ondersteunende bewyse vir jou idees, argumente en opinies en identifiseer die bronne wat jy gebruik het. 

Die kwaliteit van jou bronne sal beslis ‘n invloed hê op die gehalte van jou eindproduk en dit is daarom belangrik om te weet hoe om gehalte akademiese bronne te identifiseer. 

Wat is akademiese bronne? 

Akademiese bronne of vakkundige bronne kan gedefinieer word as bronne wat geskryf word deur kundiges of vakspesialiste in ‘n spesifieke veld. Hierdie bronne word geskryf om ander wat in dieselfde veld of enige ander belangstellendes op hoogte te hou van die mees onlangse navorsing, bevindinge en nuus in die veld.

Die inhoud van akademiese bronne is gewoonlik eweknie-geëvalueer, wat beteken dat dit deur kundiges of vakspesialiste oor die onderwerp vir akkuraatheid en kwaliteit hersien is voordat dit gepubliseer is.

Hoe spoor ek gehalte akademiese bronne op?

Daar is volgens Lubbe (2022) stappe wat gevolg kan word om te verseker akademiese bronne is van goeie gehalte:

  1. Kyk na die navorser se agtergrond (is hy/sy verbind aan ‘n Akademiese instelling?)
  2. Kyk na die resentheid en publikasiedatum van die bron (bronne moet verkieslik nie ouer as tien jaar wees nie, behalwe in uitsonderlike gevalle, bv. in antieke tale, teologie of geskiedenis).
  3. Is die bron wetenskaplik? (Is dit duidelik in die bron dat navorsing gedoen is oor die bepaalde onderwerp?)
  4. Is die bron toepaslik vir jou navorsing? (jy kan nie oor Afrikaanse taalkunde skryf en dan gebruik jy ‘n bron oor Bybelkunde nie).
  5. Gebruik eerder primêre bronne as sekondêre bronne.
  6. Bevat die bron inteks verwysings en ‘n bronnelys?

Webwerwe waar gehalte akademiese bronne beskikbaar is:

– Ebscohost: https://www.ebsco.com/ 

– Encyclopaedia Britannica: https://www.britannica.com/ 

– Microsoft Academic: https://academic.microsoft.com/home 

– Sabinet-Reference: https://reference.sabinet.co.za/ 

– Brill open e-book collection: https://brill.com/view/package/9789004270107 

– Google books: https://books.google.com/ 

– JStor: https://www.jstor.org/ 

– NRF Nexus Databasis: https://www.nrf.ac.za/ 

– NDLTD: http://www.ndltd.org/resources/find-etds 

– Cordis: https://cordis.europa.eu/ 

– Tydskrif vir Christelike Wetenskap: http://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/ 

– Hathitrust Digital Library: https://www.hathitrust.org/ 

– Project Gutenberg: https://www.gutenberg.org/ 

– PDFdrive: https://www.pdfdrive.com/category/6 

– Eric: Education Resources Information Centre: https://onlinelibrary.london.ac.uk/ 

– Open Library: https://openlibrary.org/ 

– Library of Congress: Free books: https://archive.org/details/library_of_congress 

– Emerald Insight: https://www.emerald.com/insight/content/open-access 

– Digibron: (digibron.nl): https://www.digibron.nl/ 

– Open Access Digital Theological Library (aodtl.org) https://oadtl.org/ 

– DOAJ – Directory of Open Access Journals. https://doaj.org/ 

– Free download library (iied.org) https://www.iied.org/iied-online 

– All you can books https://www.allyoucanbooks.com/ 

https://www.academia.edu/ 

http://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/ 

Bronnelys:

Lubbe, E. Akademiese bronsoektogte en brongebruik. (In Lubbe, E. 2022. Akademiese Geletterdheid:

Riglyne vir akademiese skryfwerk. Pretoria: Van Schaik. p. 6-11).

Hierdie bron is in Die AP Akademie se biblioteek beskikbaar.

 

Foto: Sarah NoltnerUnsplash

Deel die bladsy: