Reeds in die inleiding tot die publikasie word die vertrekpunt van die publikasie vir die leser duidelik gemaak, naamlik dat gewerk word met ‘n openbaringshistoriese, oftewel heilshistoriese, perspektief.

Hierin lewer prof. Adendorff ‘n unieke bydrae tot die verstaan van die boek Openbaring, aangesien talle publikasies oor Openbaring, die boek slegs in sy onmiddellike konteks, of dálk nog in die Nuwe Testamentiese konteks verklaar. In hierdie publikasie wys die outeur hoe die Ou Testamentiese voorsegginge oor die koms en die heerskappy van Christus deur die Heilige Gees in die boek Openbaring ingeweef is, sodat die leser van die boek Openbaring moet besef dat daar ‘n direkte verband is tussen die skepping in Génesis en die herskepping deur Christus.

Ek is van mening dat die skrywer op ‘n besondere wyse daarin slaag om die boek Openbaring vir die moderne leser in Afrikaans oop te sluit binne die konteks van die heilsgeskiedenis, sodat elkeen wat die boek gelees het, nie sal kan kla dat Openbaring ‘n “onverstaanbare” boek is nie.

Die werk word aanbeveel vir elkeen wat ernstig is om die boek Openbaring binne die groot Raadsplan van God te verstaan. Die boek sal vir dominee en lidmaat van groot waarde wees

Deel die bladsy: